Projekte
:: Projekte ::

 

Section 21
2007/0033390
PBO/930025742
NPO 062341

 

 

Projekte


July 14, 2009
Bouwerk Vordering

Ons vordering ten opsigte van die bouwerk.

wasgoedlyn.jpg
Was lyne is voltooi en in gebruik

Die was lyne is nou in plek en word gebruik vir elke huis se was goed, dit werk baie gerieflik en doeltreffend, daar is nou nie meer ‘n gestry oor wie se was goed waar is nie, daar word streng beheer uit geoefen en so doende is alles onder beheer.

Net so ook is die plafon gereed en wag net om geolie te word die olie is al reeds aan gekoop en sal in die nuwe week aan gesit word. 

plavon.jpg
Die plafon is geslaan en gereed om geolie te word
vloerteels.jpg
Al die teëls is gelê en moet net skoon gemaak word.

Ons is van plan om die saal teen die einde van Julie te gebruik dit gee ons net ses weke om te doen wat nog gedoen moet word. Ek vra alle belang stel lendes om saam met ons te bid vir die beligting van die saal, daar is sprake van ‘n skenking in die pyp lyn, glo saam met ons asseblief, ons neem dit aan asof dit reeds bestaan.

Tot later dan en ek groet u in daardie wonderlike Naam van Jesus.


June 17, 2009
Saal vordering

Ek vra om verskoning dat ek so laat is, maar ons was baie besig met die saal, u sal my nie glo nie maar die Here het werklik die sluise oop gemaak van skenkings. Ons het die volgende skenkings ontvang en langs aan waar dit gebruik was.

Dak_Teels.jpg 
Die dak teëls is deur VEN KONSTRUKSIE geskenk, ons sê aan hulle baie dankie woorde ontbreek om dank te betoon.

 

Ven Konstruksie het verder vir ons al die vloer teëls geskenk, en met die her op meet sal ons sien dat daar genoeg oor bly om die glas in te sit, Wat ook so gedoen was op 15/06/09 en ons kon "Amber Cathedral" glas geïnstalleer het. 

Ons wil ook ons dank betuig aan Casper Schuin vir sy skenking, met dit kan ons die plafon slaan en dit word gedoen met "KNOTTY PINE"

 

 

 

 

Amber_glas.jpg 
Dit is hoe die saal daar uit sien met die Amber glas Baie dankie VEN KONSTRUKSIE
Plafon.jpg 
Dit is die plafon wat met eerste graad "Knotty Pine" bedek gaan word te danke aan Casper Schuin

Ons is van plan om die saal teen die einde van Julie te gebruik dit gee ons net ses weke om te doen wat nog gedoen moet word. Ek vra alle belang stel lendes om saam met ons te bid vir die beligting van die saal, daar is sprake van ‘n skenking in die pyp lyn, glo saam met ons asseblief, ons neem dit aan asof dit reeds bestaan.

Ek groet julle in die Naam van Jesus Christus.


June 4, 2009
Saal vordering

Dit was lanklaas wat ek met u gepraat het

maar in tussen het daar baie gebeur ,en ek wil u graag op hoogte hou. 


April 26, 2009
Nuutste Projekts

KURSUS.jpg
Die Dep. Onderwys het laas week ‘n kursus kom aan bied vir mense om ander ongeskoolde mense te leer lees en skryf 

Uncle ben’s was geëerd om die plek van opleiding te wees waar van ons mense en ander versorging sentrums se mense opgelei was om die wat nie kan lees en skryf ook ‘n kans in die lewe te kan gee.

 Ons het 5 X 8Kg wasmasjiene in plek, en soos u self weet kan die was van 123 mense se was goed buiten die bedde goed nog al ‘n kop seer wees, dit sluit nie die oumense wat bedlêend is se was goed in nie, wat sê ek ja ons kan doen met skenkings in die vorm van waspoeier en "sta-soft"om nie te praat wat dit maak aan die water en ligte rekening nie, enige skenking sal waarlik op reg waardeer word.

WASMASJIENE.jpg 
Was kamer is in plek en die wasmasjiene werk almal, en hulle is elke dag besig van 07h00 tot14h00
HENDA.jpg
Die persoon wat die blyste sal wees is die dame Henda as daar genoeg skenkings vir die was goed sal op daag.
 

Sy sien dat alle wasgoed gewas word, uit gehang en gestryk word, om later weer by die regte eienaar uit te kom, dit is ‘n baie groot verantwoordelike werk wat sy doen en ons as bestuur is baie dank baar daar oor.

Ons het voor die was kamer ‘n stuk skoon gemaak om was lyne daar aan te bring, sodat die ophang van was goed en die was daarvan bymekaar kan wees. Ons is van plan om die arie met plaveisel toe te maak wat natuurlik baie mooi en af gerond sal lyk.

WASPALE.jpg 
Op hierdie plek wil ons waslyne aanbring enige skenking te op sig te waslyne sal waardeer word

PLAVEISEL.jpg
 Ons is nou so ver met die plaveisel voor die was kamer, skenkings sal verwelkom word.

Baie dankie vir u ondersteuning deur die jare en ons sien uit om nog in die toekoms met u besigheid te doen.


April 20, 2009
Vordering van saal
Saal_1.JPG  Saal_2.JPG
Die geuwel aan die Weste kant so pas voltooi. Die ooste kant is voltooi van gebou en Dawid is besig om gedeelte te plyster saam met Jannie.
 Saal_3.JPG  Saal_4.JPG
Dit is hoe die saal lyk van af die Weste kant soos u kan sien moet die dak net op gesit word. Die foto vertoon die saal skuins van voor, met behulp van skenkers kan ons die dak op sit wat 'n skrandere R 65000.00 gaan beloop

November 4, 2008
BOUWERK

Uncle Ben’s het 3 maande terug begin om ‘n splinternuwe saal sowel as 'n kombuis te bou.  Ons is klaar met die fondasie, meeste van die breekwerk vir die kombuis is gedoen, en tans gooi ons stuk, stuk vloer soos ons finansies dit toelaat.  Die saal sal dien as eetsaal, kerk en funksies sal hieruit gereel word om fondse te in te samel.  ‘n Doopbad is selfs ingebou soos op die fotos gesien kan word.    Daar le nog ‘n langpad voor, van mure wat gebou moet word, elektrisiteit wat ingesit moet word, vensters, deure, en ‘n dak.  Dan moet die kombuis toerusting kry sowel as die saal, tafels en stoele.  U is welkom om asb ‘n donasie hiervoor te gee of selfs die materiaal/toerusting te voorsien indien moontlik.  Weens die groot getalle behoeftiges was ons 9 maande terug genoodsaak om ons gebou wat toe gedien het as eetsaal in akkomodasie te omskep.  Dis tans die “Ramkamp” waarna daar verwys word.  Ons het aanvanklik gepoog om teen desember dakhoogte te wees met die saal, maar die finansies het dit nie toegelaat nie.  Die aantal mans wat instaat is om fisies te werk by die sentrum het ook drasties verminder dus moes ons mense inhuur wat verdere uitgawes veroorsaak het.  Dis Uncle Ben’s se eerste groot projek na die kombi wat ons verlede jaar gekry het.  Ons kyk egter steeds op na bo en op ons kniee sien ons elke dag hoe die bouery vorder.


October 23, 2008
Saal

 
 Saal_fondasie_10.JPG  Wynand het gedink hy gaan nooit klaarkry nie!  Die fondasie het 'n hele dag geneem om gegooi te word.



Archives

©UNCLE BEN'S DEN 2007