February 10, 2010
Ses maande later
|
|
Uncle Ben’s is almal baie trots op dit wat in ses maande vermag het, en dit met tweedehandse matriaal. Hulle het dit so gewaardeer dat daar ‘n ontbyt gereel was vir al die mense wat bygedra het om die groot droom te bewerk stelig. Daar was by die geleentheid weer nuwe beloftes gemaak, ons moet maar net wag en sien. Daar was soos gewoonlik uitgehang met baie eetgoed, net om Ben’s Den te adverteer dat hulle ook onthale kan reel, en die twee persone wat vir die ontbyt verantwoordelik was , was Ronel & Fransie, en kan hulle twee uithang. Hiermee wil ons ook ons self adverteer en die mense uitdaag om ons te gebruik vir funksies, besigheid ontbyt, troue onthaal soos etes sonder drank, begrafnisse as daar ‘n saal benodig word, dit alles net om fondse in te samel sodat ons vir ons mense dit nog gerieflikker kan maak . Ons het die nodige gereedskap om alles te kan doen, die wie belangstel kan ons net kontak.
|
  |
Almal wat by gedra het tot die opbou van die saal, was uit genooi vir ‘n ontbyt |
 |
Ronel en Fransie wat die ontbyt onthaal gereel , en uit gevoer het.
|
 |
Van die geregte wat voor gesit was, en nog meer. Ons kan dit doen as ons wil.
|
|
February 10, 2010
Tannie Chrissie
|
|
|
‘N seder val in Hermanstad. Die tannie wat haar lewe gegee het om die wat niks het te help. Tannie Chrissie het deel gehad aan die pragtige saal wat ons ge bou het, sy het gedurig kom kyk hoe ons vorder, en as daar te korte is het sy altyd iets gereel om die nodige fondse in te samel sodat ons kon aangaan, ja alle goeie dinge kom ook tot ‘n einde, baie dankie tannie. Sharan sal haar geweldig mis want die twee het ‘n sterk band van vrienskap gebou, en het baie maande saam gewerk om fondse in te samel dat Uncle Ben kon aangaan met die groot projek. Tannie Chrissie is ook volgens haar wens uit die saal begrawe, sy het haar hele begrafnis mooi uit een gesit van hoe sy dit wil hê.
|
 |
Tannie Chrissie by die saal voor haar afsterwe, haar woorde was” ek moet dit sien voor ek gaan”
|
 |
As daar een vrou is wat die tannie gaan mis dan is dit Sharan die stigter van Uncle Ben’s Den. |
 |
Dit was haar wens om uit die saal van Uncle Ben’s begrawe te word. |
 |
Van haar friende wat saam met haar gebly het in die ouetehuis
|
|
November 17, 2009
Ons eerste begrafnis
|
|
Dit is met leed wat ons moet afskeid neem van een van ons oudstryders by Uncle Ben’s Den. En dit is van Tannie Susan Peach. Sy het 17jaar by ons gebly. Al haar familie is al weg. Net sy het nog oorgebly, ons mis haar maar sy is veilig waar sy nou is. Sy het baie stil heen gegaan op 20/09/2009. Dit was ‘n riem onder die hart om te sien hoeveel het opgedaag by die diens.
|
|
|
 |
|
Al die belangstellendes van die Sentrum was daar om eer te bewys aan tannie Susan
|
Kis voorsien deur D&D Begrafnisse
|
|
Die diens was waargeneem in die nuwe saal van Uncle Ben’s, en Pastoor Ben ( Uncle Ben ) het die rede waargeneem. Die inwoners van die sentrum was baie geraak en het bystand gelewer waar hulle kon en self toe daar gevra was vir draers was daar nie gehuiwer nie. Almal het gehelp en almal was gewillig. Hier het ek weer eens die band tussen ons volk gesien dat hulle seerkry vir mekaar veral hierdie tipe mens wat deur hulle eie mense en gemeenskap weggegooi was. Ek wil ‘n paar droewige oomblikke met foto’s beskryf wat hierdie dag aangegaan het, ek wil hê die publiek daar buite moet van die mense hartseer weet. Hulle is ook mense met geen heenkome daar buite nie, maar weet dit dat die Here Jesus hulle net so lief het as al die ander mense wie Hom vrees, en vir Hom lief is.
|
 |
|
Uncle Ben in aksie om van ‘n geliefde afskeid te neem.
|
 |
 |
 |
| By die oop graf was hulle gewees om tot siens te sê |
Tot siens Tannie Susan, van ons almal by UBD
|
Te gretig om te kan dra met groot respek.
|
|
November 17, 2009
Inlywing van saal 2 Oktober 2009
|
|
Die saal is gereed vir die groot aand, die amptelike
|
Van vroeg af was daar gewerkskaf om alles in plek te kry vir die groot aand. Dit was nog boonop die stigters paar se huwelik aandenking. Alles moet in plek wees vir die borge om te kan bespeur waar al die fondse heen is, ja dit was ‘n harde nege maande wat agter die rug is. Mens staan verwonderd wat jy kan doen met afval materiaal. Hoe dit ook al sy die saal is gereed, Ronel was die heel dag besig om die lekkernye voor te berei, daar was eet goed oor genoeg. |
|
Daar was van te kies en te keur, en nog meer om van te eet, ja ek reken ons kan ons eie "Catering" behartig, die gaste het hulle omtrent geniet, voor al die lekker eet was daar eers ‘n taak wat verrig moes word en
|
 |
 |
|
Heerlike lekkernye
|
| dit was om die gedenk plaat te onthul. Dit was natuurlik die stigters paar se werk gewees Dit is ook hulle wens dat die sentrum sal bly voortbestaan van geslag tot geslag, onder ander staan daar ook dat die bediening gebou is op die rots Christus, dit staan ook bekend as die Herberg bediening. |
 |
Na daar lekker geëet en gedrink was het die gaste onder mekaar gekuier asof hulle ou kennisse was, dit was ‘n groot sukses gewees, en ons dank is aan die Here wat alles so bewerk het om te vermag wat daar vermag is. |
|
July 11, 2009
Meer nuus
|
2009-07-11
Ek wil vandag begin om eers dankie te sê, dit is nie al dag wat 'n mens WILDS vleis as geskenk kry nie en nog boonop Elands vleis, dit was nou waarlik 'n GOD's cent, ons was juis laag in ons eie voorraad wat ons aan gekoop het, want dit vat twee karkaste 'n maand om die liewe sielle van vleis te voor sien, maar wat wou hier uit die bloute word ek gekontak deur 'n Mnr Gerry Theron en hy vra wat moet moet hy doen om oortollige Elands Vleis by my uit te kry, ag hoe wonderlik, u weet ons Vader weet presies wanneer en waar.
Ons innige dank aan jou Gerry en dat jy geluister het na SY stem, ons hier by Uncle Ben's wil jou baie dankie sê vir die skenking , mag die Here jou nog baie seën in dit wat jy doen, nog maals baie dankie ons waardeer dit regtig.
Dan is daar 'n Denise James, wat navraag gedoen het, aangaande dit wat ons hier doen, jammer Denise dit is in Afrikaans maar ek glo jy sal verstaan.
No1. Ons is tans besig om 'n saal te bou sodat al die 124 mense by een punt kan kom eet en gesellig met mekaar kan verkeer, nou huidig kom haal elke huis sy eie kos en eet so in die kamers, wat natuurlik ongesond vir die gees is, daar sal 'n sentrale kombuis wees en daar sal in die kombuis alle voor bereidings werk gedoen word en die kombuis is aan die saal gebou so hulle kry hul kos in die saal en eet daar. Huidig word daar in een huis gekook en die kos word so na elke huis gestuur.
Wat die was lyne betref ons is gelukig klaar met dit en die was goed van al die huise word daar gehang, weer eens 'n sentrale was kamer en dan van daar na die waslyne.
|
June 18, 2009
Ben's nuus op gradeer
|
Ek wil graag al ons blog besoekers die groot nuus vertel, ons saal projek nader nou sy einde, dit is wonderlik om die Here se hand in die saak te sien. daar was 'n tyd wat ons stil gestaan het, en dit het gelyk of daar niks aan gaan nie, maar julle weet dat die Here het sy eie manier van werk, toe ek weer sien toe gaan die sluise van die hemel oop en die skenkigs stroom in, soveer so dat ons nou oor die ergste is.
Die dak is op, die teëls is in en die glas is in en wat wou die plafon gaan geslaan word. ek wil vir almal wat by gedra het baie baie dankie uit die diepte van my hart dankie sê, was dit nie vir julle nie dan sou ons nie sover gewees het nie, nee, nee wag ek moet dankie sê dat julle na die stem van GOD geluister het en julle harte oop gemak het om ons te seën, om nog ander mense te kan seën.
|
|
Archives |