Tuisblad
:: Tuisblad ::

 

Section 21
2007/0033390
PBO/930025742
NPO 062341

 

 

plek-uitleg-2.jpg  

 

Ons is ‘n Artikel 21 maatskappy gerigistreer as B en S Versorgingsentrum , handelsnaam Uncle Ben’s Den.  Die sentrum bestaan reeds 25 jaar en sorg vir sorgbehoewnde oumense, gestremdes en haweloses.  Meeste van die inwoners gebruik medikasie wat deur twee susters 24 uur beheer word.  Die huise soos hierbo aangedui het elkeen sy eie leefarea en het mense met min of meer dieselfde gedragspatrone in.  Ons besorg die inwoners daagliks by dokters, klinieke ens en weer terug na die sentrum.  Indien nodig word daar ‘n verantwoordelike persoon saam met elkeen gestuur om toe te sien dat die persoon by die regte afdelings uitkom, en die regte inligting by die kantoor uitkom om op leer geplaas te word.   Elkeen word van drie geballanseerde etes per dag voorsien sowel as vyf tee en koffie tye.   Elkeen se wasgoed word deur die bediendes gewas en gestryk.  Kamers word deur bediendes skoongemaak waar dit nie vir ‘n inwoner moontlik is om dit self te doen nie.  Die sentrum bied in kort dus volledige verblyf en toesig aan  elkeen wat hier woon.  Omdat die sentrum totaal op skenkings en donasies staatmaak is ons verplig om van  die wat dit kan bekostig huur per maand te verhaal.  80% van ons inwoners betaal wel en die betaling word volgens elkeen se inkomste bepaal, 20% word gedra en is ons hande by die sentrum.  Die sentrum bestaan uit vyf erwe wat elkeen ten volle water en elektrisiteit moet betaal.  Dis ons grootste uitgawe per maand bo en behalwe vir kos.  Drie van hierdie huise  is eiendom van die npo en die ander twee word gehuur. 

Die direkteure van die sentrum is Pastoor Ben en sy vrou Sharan de Lange.  Hulle altwee is aktief betrokke by die sentrum.  Meeste van die bou en herstelwerk word deur Pastoor Ben self en die inwoners gedoen.  Moenie vir Mevrou weggooi nie, sy kan ‘n “site run” en saam hulle werk soos min!

Donasies is altyd welkom: 

B en S Versorgingsentrum 

Absa Tjek rekening No: 4068454665 

Tak: 632005 

Verwysing:  DONASIE  (U kontak besonderhede kan u aan my e-pos vir ‘n kwitansie vir belastingdoeleindes.)

Groete.

Ben de Lange

 

©UNCLE BEN'S DEN 2007